Helena Hettema bied splinternuwe kursus vir musiekleerlinge

Helena Hettema bied splinternuwe kursus vir musiekleerlinge

Gevierdesangeres, liedjieskrywer en kabaret kunstenaar, Helena Hettema bied tans ‘n oorspronklike kursus aan graad 10 tot 12 musiekleerlinge ‘The World of the Performer – understanding and earning a living in the music industry”. Die kursus wat in powerpoint aangebied word, bevat 59 skyfies en sluit ook genotvolle interaksie met die leerlinge in.

Meer spesifiek dek die kursus: ‘The music industry value chain from the origin of the musical idea (composition) to the performance of the work and the manufacturing, publishing of the CD.’

In hierdie kursus dek Helena kategorieë van musiek, die struktuur van liedjieskryf met voorbeelde wat op CD en wat sy self op kitaar aanbied. Sy bespreek ook SAMRO, SAMPRA, CAPASSO en RISA (sluit in kopiereg, tantieme en radiostasies). Sy sluit af met ‘n bespreking van CD vervaardiging asook Deezer, Spotify, YouTube en iTunes. Helena het reeds met groot sukses onlangs in die kursus vir graad 12 musiekleerlinge by Pretoria High School for Girls (haar ou skool) aangebied. Na die eerste kursus het hulle vir haar gevra om die tweede deel van “Performance ” vir die graad 11 leerlinge aan te bied.

Hier is die fokus meer op musiekstyle , YouTube clips van kunstenaars en leerlinge analiseer dan die kunstenaar se optrede en styl.

Stem en liggaamsoefeninge, en die realiteite van die bedryf word ook gedek sowel as die kwaliteite wat benodig word om op tree , sowel as die gebruik van die verhoog ens. Leerlinge doen ‘n uitvoering (instrumenteel of sang) en dit word deur Helena en leerlinge geanaliseer ,amper soos ‘The Voice’.

Helena het die kursus ontwerp omdat sy besef het daar is ‘n leemte en behoefte in die uitvoerende kunste wat die praktiese aspekte betref. Dit het spesifiek betrekking tot die vermoë om ‘n inkomste te verdien. Gedurende grendeltyd verlede jaar het Helena die idee gekry nadat sy ‘n kompetisie “Project Performer” van Shylo Pereira landwyd beoordeel het (drama, sang, instrumenteele en dans) tesame met Delia Sainsbury en die hoof van die Drakensberg Kinderkoor ( onder andere).


Contact details: on w.App 0834953161 or joanhettema9@gmail.com
Cc:helenahettema@gmail.com
Helenahettema.com/YouTube/iTunes/Deezer/Spotify