Songs -ÊRENS
Copyright 2008. All Rights Reserved Helena Hettema
| ÊRENS |
Ek het gestap en gestap maar kan jou nêrens
vind,
Ek het geroep en geroep daar was net 'n fluister in die wind
Ek het gewag en gewag maar die jare het vergaan, êrens, êrens
het die haan gekraai
êrens, êrens, het 'n haan gekraai
En soms sien ek jou
oë in die getye van die maan,
en soms hoor ek jou lag in die oseaan se gaan,
maar my lief, my lief, ons liefde het vergaan
en êrens, êrens, het die haan gekraai
En sy gesig was jou gesig toe hy om draai en toe het ek
geweet
Jy ja, jy het my verraai |
| |
|
|
|