Welcome to Helena Hettema's Website
Songs - Sonkring
Copyright 2008. All Rights Reserved Helena Hettema
Sonkring

Kringend en draaiend o noodlot, jou donker gesig in die wind
Kolkend, veraaiend kring noodlot sy vinger ook so deur jou hand,
Ek sigeunervrou, wat sade van verdriet moet saai,
Ek sigeunervrou kan sien wie verraai –

O Sonkring - op die punt van noodlot se dolk,
O kinders van Goud, wat leed moet vertolk,
O toekoms, hede, vervleg met verlede, O Sonkring

‘n Voetpad wat kronkel O noodlot, kom trap steeds jou pad deur die nag,
Liefde, verlange, roep noodlot my drange, wat woed teen die wind.

Ek sigeunervrou, wat sade van verdriet moet saai,
Ek sigeunervrou kan sien wie verraai
O toekoms, hede, vervleg met verlede, O Sonkring

O Sonkring - op die punt van noodlot se dolk,
O kinders van Goud, wat leed moet vertolk,
O toekoms, hede, vervleg met verlede, O Sonkring

The story behind the song... (only available in Afrikaans)