HELENA HETTEMA VIER DIE VRYSTELLING VAN “21 PLUS (2017)” BY PRETORIA SE ATTERBURY

HELENA HETTEMA VIER DIE VRYSTELLING VAN “21 PLUS (2017)” BY PRETORIA SE ATTERBURY

Gevierde kabaretkunstenaar, sangeres, liedjieskrywer en aktrise, Helena Hettema stel haar nuwe CD vry, “ 21 plus (2017)”, op 16 September vanjaar in die Atterburyteater.

Hierdie optrede vier 22 jaar sedert haar eerste CD “Fool’s Gold” vrygestel is deur die destydse JNS en met lof ontvang is. Die titelsnit stel haar destydse groep “Golden Fleece” ten toon met Alwyn van Heerden (klavier) Lindsay Liebenberg (baskitaar), Hennie van Jaarsveld (akoestiese kitaar) en Paul Greyling (dromme).’n DVD is gemaak van die liedjie wat handel oor die armoede in die strate van Egoli en is uitgesaai deur SABC 2 sowel as “Touch of Green” met lirieke in seSotho, isiXhosa, Engels en Afrikaans en handel oor die behoud van die planeet.

By die geleentheid sal die drie-sustergroep, Con Grazia wat onlangs ‘n Ghoema-toekenning verower het, ook op die vehoog wees op saksofoon, viool en fluit sowel as om saam met Helena te sing. Hulle is ook op die nuwe 2017 CD met die liedjie “Silly cyber tango dans”, ‘n graplied oor die huidige sms-dolheid, op Leonard Cohen se “Dance me to the end of love” en met ‘n duet van “If we only have love”.

Die eerste helfte van hierdie glans optrede sal Helena se vroeër jare en die eerste liedjies wat sy gepen het dek soos “Skadudans”, “Papermen”, “Fool’s Gold”, “Mother of Mine” en “Tolbos in die wind” wat vir die “Sonkring” TV reeks geskryf is. Daar is ook liedjies wat op die CD , “Helena Hettema Highlights” verskyn wat genomineer is vir ‘n SAMA (SA Music Award), asook liedjies uit haar dae met Anton Goosen se “Kommissie van Ondersoek”. Een van die hoogtepunte van dié tyd was ‘n optrede by “Houtstok” voor 20 000 mense.

Lindsay Liebenberg van haar destydse groep “Golden Fleece” sal by die vrystelling as gaskunstenaar optree saam met Gerald Brookshaw, van hul twee-man groep “Friendship”. Sy sing ook liedjies van verlange gedurende haar tyd in Bologna, Italië in ’96 soos “Jasmine Lament” en in Londen in ’97, soos “Divided Heart”, geskryf op Brightonstrand.
In die tweede helfte sal haar mees onlangse liedjies wat op hierdie CD ook verskyn, vir die eerste keer gehoor word, soos “Silly cyber tango dans”, ‘n liedjie in Afrikaans en Engels wat gaan oor die oppervlakkigheid van die cyber-wêreld en die wispelturigheid van die verbuikers daarvan sowel as “Mio Cuore, NY” en “Adrenaline Rush wat afsonderlik gaan oor die glansstad NY en die ontroerende sensasie van motorfiets ry, geskryf saam met Marguerite van Reenen.

Helena bring hulde aan haar pa met die liedjie, “A thousand winds that blow” (gebasseer op die gedig, “Do not stand at my grave and weep”) deur Mary Elizabeth Fry, waarvoor sy die musiek vroeër vanjaar geskryf het.

Helena word begelei deur haar passievolle pianis, Marelize Koch terwyl César de Almeida wat deur die jare verantwoordelik was vir die produksie van al haar CDs (behalwe “French Legends” – Sony BMG), op tree as gaskunstenaar saam met Helena in ‘n duet van die Neil Diamond gunsteling “September Morn”.

Helena dra hierdie optrede op aan drie persone wat haar lewe en verhoog gedeel het: André Wessels, haar pianis en kameraad vir sewe jaar wat in 2015 oorlede is en vir wie sy die musiek van “Strength for the Day” gekomponeer het (woorde van Annie Flint), vriend, medesanger en liedjieskrywer Eugene Vermaak wat verlede jaar op 28 Junie oorlede is en haar geliefde pa, Jan Hettema wat op 29 Junie 2016 tragies gesterf het.

Onder andere word Helena twee keer genomineer vir’n SAMA, ontvang ‘n Laureaat van haar alma mater, die Universiteit van Pretoria vir haar bydrae tot die uitvoerende kunste en verower die SABC 2 Geraas Toekenning vir die beste solo vroulike kunstenaar vir haar CD “Divided Heart”.

AVBOB borg Helena vrygewig by die glans geleentheid vir die vrystelling van die CD sowel as die optrede in die uiters moderne Atterburyteater in Pretoria. Sy het ook van de Ru Oogkundiges, Pretoria ‘n skenking ontvang.

Besprekings” Computicket/ Atterburyteater – (012) 471-1700